OUDTSHOORN NUUS - n 8-jarige meisie van Oudtshoorn het vanoggend by die rivier by die gewilde dagkampering by Suiderkruis, Groot-Brakrivier verdrink.
Polisiewoordvoerder, kst Laurianne Botha sê die slagoffer het saam met haar familie op die oewer van die rivier gekuier toe sy om ongeveer 10:00 in die water ingegaan het en verdwyn het.
'n Angsbevange ooggetuie het by die polisiestasie, wat 'n klipgooi van die gebied geleë, is om hulp gaan roep. Nog 'n ooggetuie het die polisiekantoor gekontak. "Ons het 'n voertuig uitgestuur en nooddienste ontbied. Paramedici het dadelik noodbehandeling op die slagoffer toegepas maar dit was klaar te laat."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'