OUDTSHOORN NUUS - Een persoon is in hegtenis geneem na die moord van die 60-jarige Eric Xaxaka.
Die polisie het vroeër die week die gemeenskap se hulp gevra na Xaxaka as vermis aangemeld is, nadat hy nie vir werk opgedaag het nie.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is sy liggaam gister in 'n erf in Bongolethu gevind.
Volgens Visser het verskeie ondersoekspanne, die honde-eenheid, sowel as forensies deskundiges van die Kaap gehelp om Xaxaka se liggaam te vind.
"Die verdagte is 35 jaar oud en behoort Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof te verskyn."
Die oorsaak van sy dood sal tydens 'n nadoodse ondersoek bepaal word.
Vorige artikel: Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'