OUDTSHOORN NUUS - Die polisie is op soek na inligting na die 60-jarige Ntsiki Maxham verlede Vrydagaand in Bongolethu geskiet is.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval om 23:30 in 5de Laan gebeur.
"Die slagoffer is met 'n skietwond aan sy linkerwang gevind. Hy is per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem waarna hy na George-hospitaal oorgeplaas is. Hy is twee dae later oorlede."
'n Klag van moord word deur die polisie ondersoek, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Enige persoon wat inligting rondom die voorval het word gevra om die Oudtshoorn-polisie by 044 203 9000 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer raak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'