OUDTSHOORN NUUS - Die vyf persone, drie kinders en twee volwassenes, wat op 22 Desember op die Beaufort-Wes-pad in 'n motorongeluk dood is, word die naweek tydens twee aparte dienste begrawe.
Die diens van Johann Andries en sy dogter Joshley, beide van Oudtshoorn, sal Saterdag 9:00 by hul huis by Klooflaan 67, Neppon gehou word.
Die kerkdiens is om 10:00 by die Anglikaanse kerk.
Surita Botha en haar twee seuns Bentley en Willen is van George.
Die Bothas word Sondag uit die VGK kerk in Rosemore, George begrawe. Die tyd is nog nie gefinaliseer nie.
Beide Botha en Andries was aan die departement van maatskaplike dienste verbonde.
Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het gesê dat die ongeluk tussen Drie Susters en Beaufort-Wes gebeur het.
Volgens hom het 'n vragmotor met die voertuig waarin die vyf insittendes gebots.
"Die vragmotorbestuurder het beheer oor die voertuig verloor toe die vragmotor geknipmes (jack knife) het.
"Die motor het toe in die vragmotor vasgery."
Joshley Andries
Surita Botha
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'