OUDTSHOORN NUUS - Vyf huisgesinne wat in opslaanhutte in Neppon woon het gister, 24 Desember, hul wonings verloor toe dit tot op die grond afgebrand het.
Volgens een van die bewoners, Johannes Prinsloo, het een van sy bure kos op 'n oop vuur gemaak en geloop sonder om dit te blus.
"Dit het alles so vinnig gebeur. Almal was een oomblik nog in 'n jolly bui en toe ons weer sien, het die vlamme blitsig versprei van ghetto na ghetto. Ons het selfs die pype van die waterpunte uitgeruk om die brand te red, maar die vlamme was te erg. Toe die brandweer kom, was vyf ghetto's al afgebrand. Ons het alles verloor, niks kon ons red nie," het 'n verslae Prinsloo vertel.
Behalwe vir die brandskade, was niemand beseer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’