Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vier familielede van Beaufort-Wes wat verlede week in 'n grubotsing gesterf het, word Saterdag saam op die dorp ter ruste gelê.
Volgens Neville Abrahams, sal sy 15-jarige dogter, Micheale, haar ouma, Faith Abrahams, 'n niggie, Tracey-Lee Richardson (8) en 'n nefie Wayde Richardson (10) Saterdagoggend om 10:00 vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk in Rustdene begrawe word.
'n Troosdiens is gisteraand (Donderdag) in die Verenigende Gereformeerde Kerk, Die Ark, gehou.
Die vier familielede het op Woensdag 19 Julie grusaam gesterf toe die VW Polo waarin hulle gery het en 'n Toyota-bakkie op die N1 tussen Laingsburg en Leeu-Gamka gebots het.
Die twee insittendes in die bakkie is ernstig beseer. 'n Niggie wat saam met Micheale en haar familie in die motor was, is ook beseer en is die enigste oorlewende.
Micheale was 'n gr. 9-leerder van Hoërskool Oudtshoorn.
Besigtiging sal vanaf 09:00 Saterdagoggend te De Villiersstraat 25, Beaufort-Wes, plaasvind.
Lees 'n vorige artikel hier: Struises-leerder sterf in ongeluk
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'