OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek vier klagtes van huisbraak by 'n winkelsentrum in Adderleystraat.
Die voorval het vroeg Sondagoggend by vier winkels wat aanmekaar grens gebeur.
Volgens die winkeleienaars het die inbrekers toegang gekry tot die gebou deur by die badkamer van die sentrum wat agter die winkel is in te breek.
Van hier het hulle deurgebreek tot binne een van die winkels. Die inbrekers het gate in die pleisterbordmure, wat die winkels van mekaar skei, gebreek en so van winkel tot winkel beweeg.
"Hulle het feitlik al die winkels geplunder, maar by die laaste winkel het hulle lugtyd, kontant en sigarette gesteel. Dit is ook die enigste van die winkels wat 'n alarmstelsel het," het een van die inwoners vertel.
Die skelms het weer deur die gate in die mure hul weg na buite gevind.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die gate wat in die pleistermuur gemaak om toegang van die een winkel na die volgende te kry.
Die gate wat in die pleistermuur gemaak om toegang van die een winkel na die volgende te kry.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'