CALITZDORP NUUS - 'n Vrou van Calitzdorp is in verband met 'n moord op 'n 34-jarige man in hegtenis geneem.
Die Oudtshoorn Courant het verneem dat die oorledene Rumano Volmink is.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval om 19:45 in 9de Laan, Bergsig plaasgevind.
"Daar word beweer dat die man en vrou met mekaar baklei het, waarna die vrou die man met 'n mes gesteek het. Die slagoffer is in die bors gesteek en is op die toneel dood verklaar."
Spies het verder gesê dat die vrou aangehou sal word tot sy môre in die hof verskyn.
Die ondersoek duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’