OUDTSHOORN NUUS - Meals on Wheels Oudtshoorn het, danksy die eienaars van die Black Swan Restaurant, verlede Donderdag altesaam 325 senior burgers van Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp met 'n heerlike Kersete bederf.
Die voorsitter van die organisasie, Henrico Kumutu, het in sy toespraak gesê dat hy nie woorde het om Black Swan vir die wonderlike gebaar te bedank nie.
Die senior burgers van al die versorgings-oorde in Oudtshoorn-sentraal, Bridgton en Bongolethu asook De Rust en Dysselsdorp het die geleentheid bygewoon en hulle terdeë geniet.
Sers. Gretchen Michaels, woordvoerder van die polisie, het die bejaardes oor veiligheid toegespreek terwyl Akona Mbata van die departement maatskaplike dienste hulle ingelig het oor die departement se werksaamhede.
'n Plaaslike kunstenaar het vir pragtige musiek gesorg.
Kumutu het ook sy dank uitgespreek teenoor Meals on Wheels se groep vrywilligers.
Van die senior burgers wat die geselligheid bygewoon het. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'