Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Drie voertuie was vanmiddag in 'n botsing betrokke ongeveer 15 km buite Oudtshoorn op die Georgepad.
Volgens mense op die toneel en die bestuurder van een van die voertuie het ‘n bakkie agter ‘n vragmotor by padwerke stilgestaan toe ‘n insleepvoertuig van agter teen die bakkie vasgery het. Die slag het die bakkie teen die agterkant van die vragmotor laat bots.
Die insleepvoertuig het na die botsing in die veld beland waar die bestuurder in die kajuit vasgekeer was.
Nooddienspersoneel is tans op die toneel waar beseerdes behandel word.
Kyk 'n video hieronder.
Die insleepvoertuig het in die veld beland na die botsing.
Drie voertuie was in die botsing betrokke. 'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'