OUDTSHOORN NUUSFLITS - Twee motors en ‘n taxi was vanmiddag omstreeks 12:00 in ‘n botsing naby ‘n verkeersirkel betrokke.
Die botsing het naby die Bridgton sportgronde plaasgevind.
Sover vasgestel kon word het die taxi stilgehou om passasiers op te laai.
‘n Polo wat agter die taxi was het vir aankomende verkeer gewag voordat dit by die taxi verbyry, maar is van agter deur ‘n Lexus getref.
‘n Passasier in die Polo en die bestuurder van die Lexus is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Die Lexus wat van agter met die Polo gebots het. Foto’s Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'