OUDTSHOORN NUUS - Die drie Oudtshoorniete wat pryswenners is in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se landwye skryfkompetisie het Saterdag hulle pryse in Bloemfontein ontvang.
Die wenners is aan die einde van Meimaand bekend gemaak, Anna-Mart Schutte van Langenhoven Gimnasium (Gr 11) het twee pryse ingepalm.
Sy het die eerste prys ontvang as die wenner van die senior skole-afdeling en ook die trofee as algehele wenner van die skole afdeling.
Maretha van der Westhuizen was die nasionale wenner van die ope-afdeling vir ongepubliseerde skrywers en Hannes Visser was tweede in dieselfde afdeling.
Die pryse is Saterdag tydens 'n slypskool in Bloemfontein deur prof. Etienne van Heerden oorhandig.
Anna-Mart kon weens skoolverpligtinge, nie die slypskool bywoon nie en Hannes het dit namens haar ontvang en gister vir haar gegee.
Prof Etienne van Heerden (heel links) en die voorsitter van die Bloemdonteinse Skrywersvereniging, Corlietha Swart (derde van links) by die pryswenners tydens Saterdag se slypskool. Hannes Visser is voor, derde van links en Maretha van der Westhuisen in die middelste ry derde van regs met die pers trui). Foto: Ruan Bruwer, Volksblad.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'