Niemand is in die brand beseer nie, maar een van die inwoners het op die toneel gesê dat haar twee hondjies in die brand dood is.
Die brand het vermoedelik ontstaan toe 'n kind in een van die huise vuurgemaak het. Dit het blitsvinnig na drie ander huise verprei.
Die huis waar die brand ontstaan het en twee huise weerskante daarvan is in puin gelê. 'n Gedeelte van nog 'n huis is ook erg beskadig.
Van die huiseienaars was by die werk en het met die aankoms van die Oudtshoorn Courant ook net self by die toneel opgedaag om tot hul skok te sien dat al hulle aardse besittings vernietig is.


'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'