OUDTSHOORN NUUS - Bykans R25 000 is vir liefdadigheid ingesamel met kaartjieverkope en 'n veiling tydens verlede Vrydagaand se winterdinee.
Die ete is gratis deur Mintt en Black Swan restaurant aangebied nadat sakeman, Deon Bosman, die inisiatief vir die insameling geneem het. Bosman is lid van die Oudtshoorniete Staan Saam Assosisasie, wat help met die koördinering van liefdadigheidsprojekte.
Die geld wat ingesamel is, is gelykop verdeel tussen Solidariteit Helpende Hand, die gesin van Heinie van Straaten vir mediese kostes en OSS vir aanwending met volgende projekte.
Hein Crocker, voorsitter van OSS Assosiasie het Vrydagaand gesê as dit nie vir inwoners en sakelui is wat hulle harte oopmaak nie sal die verknorising waarin baie mense hul bevind nog groter wees.
Die hoofborg van die aand was Mintt restaurant wat die driegang maaltyd en die gebruik van die hele restaurant-area gratis gegee het. Michael de Kock het die musiek kosteloos verskaf en die Herrie het die druk van die kaartjies geborg. Ongeveer 80 mense het die aand bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'