Video
OUDTSHOORN NUUS - Met die tweede dag van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) het besoekersgetalle baie toegeneem teen gister toe dit gereën het.
In Baron van Reedestraat, Langenhovenweg voor die burgersentrum en op die hooffeesterrein, Kuierbuurt, waar die stalletjies en musiekverhoë is, wemel dit vandag van mense.
Kaartjieverkope vir die groot verskeidenheid produksies is volgens vroeë aanduidings baie goed.
Die 24ste KKNK duur tot Woensdag 4 April.
Kyk videos hieronder.
Oudtshoorn se strate wemel van besoekers.
Feesgangers by die stalletjies.
Self jong feesgangers help om die installasie-kunswerk by die biblioteek te voltooi.
Kuierbuurt, waar die stalletjies en musiekverhoë is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'