OUDTSHOORN NUUS - Die 27-jarige Kaylene Solomons is Saterdag in die vroeë oggend ure oorlede na die huis waarin sy saam met haar familie gebly het afgebrand het.
Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is 'n geregtelike doodsondersoek geregistreer.
Volgens hom word daar vermoed dat 'n kers wat omgeval het moontlik die brand veroorsaak het.
Kaylene se ma, Johanna Solomons, wat ook in die huis was, sê haar seun Andrew, het van die rook wakker geword.
"Hy het almal probeer red. Hy het al die kinders uitgekry en die res van die familie, maar hy kon haar nie red nie."
Volgens Johanna is Andrew tans in die hospitaal met brandwonde oor dele van sy lyf.
Lees die volledige berig in die week se koerant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’