DE RUST NUUS - Die De Rust-polisie vra hulp van die publiek in verband met die verdwyning van 'n 26-jarige vrou.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is Shareen Swartz, ook bekend as Merim, op 3 Januarie as vermis aangemeld.
Volgens Spies is sy Sondag laas by 'n huis in Blomnekstraat, De Rust, gesien.
Sy het 'n groen denim broek en blou skoene aangehad.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte sers. Ricardo Julius, by 044 241 8800 skakel of skakel die Crime Stop-nommer by 08600 10111. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'