OUDTSHOORN NUUS - Nadia Claassen (21) word deur die polisie gesoek.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is sy glo vroeg vanoggend by haar huis in Lategansvlei weg, maar het sy nog nie weer huis toe gekom nie.
Enigiemand wat moontlik weet waar sy haar bevind, kan die polisie by 044 203 9022 of 044 203 9000 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'