DE RUST NUUSFLITS - Die 2018 Meiringspoort Challenge MTB en Trail Run het ongeveer 1 000 drawwers en fietsryers gelok.
Dit is Saterdag 26 Mei in De Rust aangebied.
John April (Nedbank SWD) het die 20 km-veldloop in 1:23:15 gewen, met sy klubmaat, Gerswill Jacobs (1:24:24) tweede.
Siemon Joubert (tydelike lisensie) het die derde plek los gehardloop.
Bridget Poynton (Nedbank SWD – 1:39:35) het die dames 20 km ren gewen.
Mellissa van Rensburg (Nedbank SWD – 1:45:16) was tweede en Andrea Ranger (Old Selbornians - 1:46:16) derde.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'