OUDTSHOORN NUUS - Die Desembervakansie is hier en so ook is ons jaarlikse Vakansiegids!
Die 2017 Group Editors Vakansiegids is hierdie week in Oudtshoorn Courant beskikbaar.
Ons 140-bladsye vakansiegids is ‘n moet-hê vir die plaaslike gemeenskap en besoekers aan die Tuinroete, Karoo en Hessequa-streek.
Dit is gevul met interessante feite, prettige vakansiegebeure, veiligheidswenke, nuus oor kuns en ontspanning, plekke van historiese waarde en baie meer. Op soek na ontspanning vir die familie? Blaai deur die vakansiegids vir idees oor wat om te doen en waar om heen te gaan en hou jouself en jou geliefdes hierdie vakansieseisoen besig.
Klik hier om vanjaar se vakansiegids-artikels aanlyn te lees.
Gaan deur die bladsye om al die nuus van die streek te lees.
Ons hoop jy geniet vanjaar se uitgawe en dat dit bruikbaar tydens jul vakansie gaan wees!
Geniet die vakansie!
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'