OUDTSHOORN NUUS - Twee mans het die week in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn na hulle verlede Woensdag vir bedrog en die besit van 'n gesteelde voertuig in hegtenis geneem is.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het lede van die De Rust-polisie en lede van die voertuigdiefstaleenheid 'n padblokkade buite De Rust gehou.
"Gedurende die padblokkade is 'n Mercedes ondersoek en gevind dat dit in Claremont as gesteel aangemeld is. Die polisie het beslag gelê op die Mercedes sowel as 'n BMW, wat saam met die Mercedes gery het. Dit blyk dat die twee bestuurders ook moontlik vervalste ID's by hulle gehad het."
Die twee verdagtes, onderskeidelik 48 en 62 jaar oud, was vanaf Gauteng na Kaapstad onderweg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'