OUDTSHOORN NUUSFLITS - In ‘n verslag van die Wes-Kaapse provinsiale verkeersdienste word aangedui dat provinsiale verkeersdienste die afgelope naweek twee arrestasies in die Oudtshoorn-bedieningsarea gemaak het.
Een vir besit van vals dokumentasie en ‘n ander vir besit van dwelms.
Geen motoriste is die afgelope naweek in Oudtshoorn vir dronkbestuur in hegtenis geneem nie.
Dit is nog onbekend of die Oudtshoorn-polisie enige dronkbestuur arrestasies uitgevoer het.
Voor verlede naweek en Maandag 7 Augustus is vier dronkbestuur arrestasies deur provinsiale verkeersdienste en die Suid-Afrikaanse Polisie in Oudtshoorn uitgevoer.
Kenny Afrika, provinsiale verkeershoof, het vanoggend gesê sy department het 22 dronkbestuurders in die Wes-Kaap die afgelope naweek in hegtenis geneem. Tien van dié arrestasies is in George uitgevoer.
In Beaufort-Wes is ‘n motoris in hegtenis geneem na hy 174 km/h in ‘n 120 km/h sone gejaag het.
Meer inligting volg soos dit bekend raak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'