CALITZDORP NUUS - Die 10-jarige Jacklin Daniels en sy sesjarige sussie Chené het besluit dat hulle 'n verskil in iemand se lewe wil maak en terselfdertyd sommer ook gaan sorg dat hulle dorp 'n skoner plek is.
Dié twee het gehoor dat 500kg of meer plastiekproppies vir iemand 'n rolstoel kan "koop".
Hulle het besluit om die proppies wat hulle optel vir Hartenbos-versorgingsoord te skenk, want hulle pa se werkgewer het 'n familielid in hierdie aftreeoord.
Die twee het oral waar hulle kom proppies opgetel en sommer gou drie sakke volgemaak.
Hulle wil ander kinders inspireer om dieselfde te doen.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'