OUDTSHOORN NUUSFLITS - Twee voertuie was ongeveer 20:30 in 'n ongeluk op die Calitzdorp-pad betrokke.
Beide voertuie het 'n perd, wat na bewering in die middel van die pad gestaan het, getref.
Volgens die een bestuurder het hy vanuit Oudtshoorn se rigting gery en die ander voertuig het van voor af gekom.
Beide het vir die perd probeer uitswaai.
Die ligte vragmotor het eerste die perd reg van voor getref.
Die ander voertuig het die agterkant van die perd getref.
Geen persoon is in die ongeluk beseer nie.
Die perd wat twee keer getref is.
Een van die voertuie wat betrokke was.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'