Saterdagnag omstreeks 23:30 het ‘n man in ‘n laaigraaf vasgery wat besig was om ‘n stukkende waterpyp in Parkstraat op te grou.
Barney van Heerden is op die toneel dood.
‘n Bekende inwoner van Oudtshoorn, Hugo Erasmus is gisteraand oorlede toe sy BMW reg van voor getref is deur ‘n swart VW Golf op pad Safari-volstruisplaas toe.
Die drie insittendes van die Golf is ernstig beseer.
Gerugte doen die rondte dat motors Sondae-aande op die pad bymekaarkom om resies te jaag en dat die Golf en ‘n ander motor resies gejaag het toe die ongeluk gebeur het.
.jpg)
Die Mazda waarin Barney van Heerden Saterdagnag dood is nadat hy in die voorkant van 'n meganiese laaigraaf vasgery het.
.jpg)
‘n Bekende inwoner van Oudtshoorn, Hugo Erasmus is gisteraand oorlede toe sy BMW reg van voor getref is deur ‘n swart VW Golf op pad Safari-volstruisplaas toe.