Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Bestuurder en sy passasier is hospitaal toe geneem nadat hulle Nissan Micra met 'n bakkie in 'n botsing betrokke was.
Die bakkie en die Nissan het mekaar op die hoek van St Saviour- en Condorstraat getref om ongeveer 02:30 vanoggend.
Na die slag, het die Nissan op sy dak in die erf van Bellinganhof beland.
Die bakkie het by die heining op die sykant te lande gekom en aan die brand geslaan.
Volgens 'n vrou wat eerste op die toneel was, was daar twee mans in die bakkie, maar nadat sy hulp ontbied het, het hulle die toneel glo verlaat.
Dit blyk dat albei voertuie in dieselfde rigting onderweg was toe hulle mekaar getref het.
Kyk 'n video hieronder.
Die bakkie waar dit byvdie heining te lande gekom en aan die brand geslaan het.
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo news'