DYSSELDORP NUUS - 'n 17-jarige seun van Dysselsdorp het vanmiddag, 12 Oktober, in 'n rivier verdrink.
Volgens 'n inwoner wat op die toneel was, is die polisie en die seun se familie op die toneel.
Volgens die inligting beskikbaar blyk dit dat die seun glo saam met maats geswem het toe die voorval gebeur het.
Meer inligting sal bygevoeg word sodra dit bekend is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’