OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit, in samewerking met ander belanghebbendes, het verlede Vrydag die 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde-veldtog van stapel gestuur.
Die veldtog strek van 25 November tot 10 Desember en vanjaar se tema is 'Count me in: Together moving non-violent South Africa forward'.
Salomé Plaatjies van Plumbline Restoration, 'n organisasie wat hulle daartoe verbind om ondermeer slagoffers van geweld by te staan, was die motiveringspreker by die geleentheid.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit sê, Plaatjies het uit persoonlike ervaring gepraat toe sy die gehoor toegespreek het en hulle vertel hoe 'n lewe van mishandeling haar gehelp het om 'n sterker mens te word.
"Om mishandel en verwerp te word is 'n aaklige ervaring.
Munisipale raadslede saam met belanghebbendes wat die 16 dae van aktivisme-veldtog by die munisipaliteit van stapel gestuur het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'