OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - Die 12de Oudtshoorn Cansa Relay for Life, met die tema "Sonslim", het vanaand by die De Jager-sportkompleks begin.
Meer as 50 spanne het vanjaar vir die geleentheid ingeskryf.
Merle Singh, voorsitter van Garden Route Cansa Relay for Life, het die fakkel aan Japie Coetzee (voorsitter van Oudtshoorn Cansa Relay for Life) oorhandig.
Die burgemeester, Colan Sylvester, het in sy toespraak die gemeenskap herinner dat die Cansa Relay for Life se doel is om hoop te verleen met die oog op oorwinning.
"Ons herdenk ook ons geliefdes se lewens wat nie meer met ons is nie nie", het hy gese.
Talle kankeroorwinnaars het ook drie triomfantlike rondtes om die baan geloop onder begeleiding van n orkes terwyl die toeskouers hulle luidkeels toegejuig het.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'