OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van Helen Bellinganhof-versorgingsoord, personeel en spesiale vriende van Anna Plaatjies, het Maandag 1 Julie vir haar 'n verrassingspartytjie gehou om haar 100ste verjaarsdag te vier.
Plaatjies woon reeds 'n aantal jare in die tehuis en het diep in almal se harte gekruip. Sr. Colleen Fourie, hoof van Bellinganhof, het almal wat die geleentheid moontlik gemaak het bedank.
"Ek het Anna hier gekry toe ek by Bellinghanhof begin werk het. Sy het in 2020 Covid twee keer oorleef, is nog op en wakker en haar verstand is nog helder. Wat hartseer is, is dat hoewel sy familie het, hulle haar nog nooit besoek het nie, 'n lot wat heelwat bejaardes mee moet saamleef."
Personeel op haar vloer het beklemtoon dat dit 'n voorreg is om haar te ken, en na haar om te sien. "Sy is ons ma, ouma en binnekort oumagrootjie."
Suretha en Chrismarie Kapp, wat 'n baie spesiale band met Anna het, het haar met 'n spesiale geskenk verras. Crystal Spies en haar seun, Larnelle, het gesorg dat die partytjie ’n werklik word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’