OUDTSHOORN NUUS - Tydens die verkiesing het die ANC in Oudtshoorn 8 wyke verower, die DA het 4 gevat en die VF+ het in een koning gekraai.
Met die berekening deur die OVK vir proporsionele setels lyk die prentjie vir Oudtshoorn se 25 setels soos volg:
DA 8, ANC 8, VF Plus 3, ICOSA 2, OGI 2, Good 1 en Advies Kantoor 1.
In die drie ander omliggende munisipaliteite blyk koalisiepolitiek ook die voorland te wees.
Daar lyk die setels soos volg:
Prins Albert se 7 setels: DA 3, ANC 1, KGP 2 en PA 1
Beaufort-Wes se 13 setels: DA 4, ANC 4, PA 3, KDF 1 en Good 1
Kannaland se 7 setels: Icosa 3, ANC 2, DA 1 en KIP 1
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'