OUDTSHOORN NUUS - Die ANC se kandidate het in agt van Oudtshoorn se 13 wyke die meeste stemme gelok.
Die DA kon slegs vier wyke inpalm en die Vryheidsfront het een wyk gewen.
Daar is 25 setels op die Oudtshoorn-raad en die oorblywende 12 setels word deur proporsionele raadslede beklee.
Die OVK is tans besig om te bereken hoe die proporsionele setels toegeken sal word. Dit beteken dat partye wat geen wyk gewen het nie ook 'n setel kan kry.
Die wyke is as volg ingepalm:
- ANC: Wyke 4, 5, 6, 8, 9, 10, 11 en 13.
- DA: Wyke 1, 3, 7 en 12.
- VF: Wyk 2.
Die finale uitslag word later vandag verwag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'