OUDTSHOORN NUUS - Die gewilde jaarlikse perde-uithourit by Berluda-gastehuis in Schoemanspoort vind môre weer plaas. Dit word deur die Garden Route perde-uithouritklub in samewerking met Berluda en verskeie borge aangebied. Daar word meegeding oor roetes van 40 km, 80 km en 120 km.
Die uithourit word Vrydagaand om 19:00 voorafgegaan deur 'n ritbespreking en 'n ete. Ruiters wat aan die 120 km-rit deelneem spring reeds Saterdagoggend om 05:00 weg en die deelnemers aan die 40 km en 80 km spring om 10:00 weg.
Die organiseerders bied Vrydagaand, 31 Augustus om 19:00 die ritbespreking vir al die ruiters aan. 'n Ete sal ook bedien word vir al die deelnemers en borge.
Die hoofkompetisie van die dag is die Garden Route 80 km-uitdaagren waar die speelveld gelyk gemaak word deurdat liggewigruiters met 6% stadiger spoed gepenaliseer word en swaargewig met 6% spoed toegegee word. 'n Spesiale trofee 'Spirit of Endurance' is op die spel.
Die Vrydagoggend om 10:00 begin die 80 km- en 40 km-uithourit asook veeartsondersoeke vanaf 16:00 vir Saterdag se deelname.
Die prysuitdeling vind om 15:00 plaas.
Oudtshoorn uithouritte is vir die eerste keer in 2012 aangebied en elke jaar word die inwoners van Bellinganhof, Gottlandhuis, Tuishuis, Coronation huis vir bejaardes, Eljada (junior en senior), Klein Karoo Vaardigheidskool asook Huis Triomf vanmiddag bederf met 'n perderit, 'n bederfpakkie asook eetgoed.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'