Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Vrywilligers van verskeie sakeondernemings en lede van Trapsuutjiesprojekte het vanoggend die area by die begraafplaas in Condorstraat begin opruim.
Volgens Susan Botha, koördineerder van Trapsuutjiesprojekte, het hulle #trashbag begin om die dorp skoon te kry en om mense aan te spoor om self in te spring en op te ruim.
“Dit sal wonderlik wees as ons ‘n punt bereik waar elke inwoner verantwoordelikheid neem net vir die stukkie straat of sypaadjie voor sy eie huis of winkel.”
Daar het 28 vrywilligers van 6 sakeondernemings opgedaag om saam met die 6 lede van Trapsuutjiesprojekte skoon te maak. Die parkie langgs Bellinganhof is ook skoongemaak.
Die #trashbag inisiatief gaan elke maand op die Woensdag wat die naaste aan die 15de van die maand val, ‘n spesifieke deel van die dorp takel.
- Mense wat belangstel om deel te neem kan Trapsuutjiesprojekte se Facebookblad dophou vir inligting.
- Die Oudtshoorn Courant sal ook elke maand op ons webblad en Facebookblad laat weet waar die volgende opruiming gaan plaasvind.
Kyk 'n video hieronder.
Vrywilligerws van verskeie sakeondernemings en lede van Trapsuutjiesprojekte het vanoggend die area by die begraafplaas in Condorstraat begin opruim.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'