OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Mnr. en Mej. Club Fantasy is die afgelope naweek gehou.
Mohichia Booysen is as Mej. Fantasy gekroon en Adrian October was Mnr. Fantasy.
Lindzell Matroos het die prys ontvang vir die meeste Facebook-likes. Rodney Gelant, die organiseerder, sê die aand was 'n reusesukses wat nie moontlik sou wees sonder sy mede-organiseerders, borge en beoordelaars nie.
"Sonder die hulp van my mede-organiseerders, Lorne en Bryoni Saayman sou ek dit nie kon doen nie.
Van links is Juandre Rhoode (mnr. Persoonlikheid), Jo-Mari Afrika (Mej. Persoonlikheid), Alfonso Baartman (tweede prins), Elana Schoeman (tweede prinses), Mohichia Booysen (Mej. Fantasy), Adrian October (Mnr. Fantasy), Nicole Booysen (eerste prinses) en Monty van Niekerk (eerste prins).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'