LIFESTYLE NEWS - Dis Moedersdag, jou beursie is plat, maar jy wil graag vir mamma wys jy gee om en jy waardeer alles wat sy doen.
Hier is 'n paar idees:
- Laat haar laat slaap terwyl julle ontbyt voorberei en alles netjies opruim voordat julle haar nooi om by 'n vrolike tafel aan te sit.
- Pak 'n piekniekmandjie met eetgoed wat julle self gemaak het en vat haar botaniese tuin toe of na 'n plek waarvan sy hou.
- Nooi haar vir 'n fliekaand tuis as sy van fliek hou met haar gunsteling film op DVD, springmielies en drinkgoed.
- Vra die bure vir blomme, maak jou eie ruiker en verras haar.
- Gaan stap deur 'n vlooimark of plaasmark en soek saam na winskopies.
- Maak jou eie Moedersdag-kaartjie met karton, wol, lap en alles wat in laaie rondlê.
- Gee haar die hele dag af terwyl julle die huis opruim en ete voorberei.
- Maak 'n lys van dinge wat sy vir 'n hele week nie hoef te doen nie, want julle gaan dit vir haar doen.
- Plant 'n spesiale Moedersdag boompie of plantjie saam met haar in die tuin.
- Maak 'n versierde karton houer vir haar persoonlike goedjies.
- Maak 'n foto-collage van die familie.
- Maak vir haar 'n notaboek of joernaal met ou papier, stukke karton en materiaal.
Bespreek vir haar 'n bederfsessie by 'n salon of 'n spa.
As jou beursie bietjie dikker is:
- Bespreek vir haar 'n bederfsessie by 'n salon of 'n spa.
- Koop vir haar 'n boek.
- Vat haar fliek toe of kyk 'n vertoning.
- Gaan proe wyn of kaas of whisky.
- Maak haar gunsteling ete en sit dit voor by 'n spesiaal versierde tafel.
- Reël 'n fotosessie met die gesin.
- As sy avontuurlustig is reël vir haar 'n 4x4 rit, skermsweef of 'n rit agter op 'n motorfiets.
As sy avontuurlustig is reël vir haar 'n 4x4 rit, skermsweef of 'n rit agter op 'n motorfiets.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'