OUDTSHOORN NUUS - Wêreld Premature Dag word elke jaar op 17 November gevier om bewustheid van premature geboorte en die bekommernisse oor premature babas en hul gesinne wêreldwyd te verhoog.
Die Oudtshoorn-hospitaal hou jaarliks 'n spesiale geleentheid vir mammas wat aan premature babas geboorte gegee het sodat hulle bymekaar kan kom en mekaar bemoedig en ook die vordering te vier wat hulle tot dusver gemaak het.
Dr. Ferreira Boshoff van die kraamsaal het met die mammas gesels oor wat presies die dag behels.
Volgens hom word ongeveer 15 miljoen babas word elke jaar wêreldwyd premature gebore.
Hy het ook gepraat oor die belangrikheid van vel tot vel-kontak.
Volgens hom hou dit baie voordele, veral vir premature babas in. Van die voordele wat hy genoem het sluit in:
- Dit help ouers om met hul baba te bind en 'n verhouding te bou.
- Dit help om die baba se temperatuur, asemhaling en hartklop te reguleer.
- Dit kan 'n ma se melkvoorraad 'n hupstoot gee.
- Dit kan help om die baba se immuniteit teen infeksies te bou.
- Breinontwikkeling: Dit is belangrik vir 'n baba se breinontwikkeling, wat steeds ontwikkel wanneer hulle gebore word.
Hy het ook verduidelik dat die kleur pers geassosieer word met Wêreld Premature Dag omdat sensitiwiteit en uitsonderlikheid verteenwoordig.
Die mammas is hierna bederf met 'n heerlike ontbyt en poeding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’