Die getraumatiseerde persoon
Post-traumatiese stresreaksie na die voorval
Hierdie reaksies word deur die meeste mense ervaar. Dit sal met tyd verminder en verdwyn. Sou dit voortduur, moet professionele hulp aangevra word. Sommige mense ervaar sommige of geen van hierdie emosies nie. Dit is ook normaal.
Sommige stresreaksies
• Moegheid
• Nagmerries
• Gemoedsveranderinge
• Konsentrasie probleme
• Terugflitse na die voorval
• Te veel slaap
• Spierspanning
• Sosiale afsondering
• Geheueverlies
Hanteringstrategieë
• Vra vir hulp, ryk uit na ander.
• Huil as jy wil.
• As jy wil, praat oor die voorval met iemand wat wil luister.
• Humor – onthou, lag is die beste medisyne.
• Doen oefeninge, bv gaan stap of draf.
• Bid of mediteer.
• Rus, luister na musiek en eet ‘n gebalanseerde diet.
• Probeer so ver moontlik om weer by jou ou roetine in te skakel.