OUDTSHOORN NUUS - Die plaaslike nie-winsgewende gemeenskapsorganisasie, Giskop (Gemeenskap Intergenerasie Sport, Kultuur en Opvoedkundige Programme) het verlede Vrydag 'n ete vir sowat 240 bejaardes en 15 skoolkinders by die Thusong-sentrum gehou.
Hierdie ete was voorafgegaan deur 'n staptog vanaf die Toekomsrus-sirkel en is deur Oudtshoorn ACVV en Dysselsdorp Dare to Care-trompoppies begelei.
Giskop het in Junie vanjaar aan 'n landswye Mandeladag-kompetisie van die SAUK deelgeneem waar die organisasie se projekte op dié dag saam met 20 ander organisasies landwyd op TV as die wenners aangewys is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'