OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium se hoofleiers sowel as die hoofleiers van die twee koshuise vir 2019 is hierdie week aangekondig. Die hoofseun en hoofdogter is Johann Müller en Sharé Lund. Die onderhoofseun en -dogter is Stean Burger en Zelna Hugo.
As hoofleiers van Songoud-koshuis word rolle omgeruil met Stean Burger as hoofseun en Johann Müller as onderhoofseun.
Die dogterskoshuis, Aristo se hoof- en onderhoofdogter is Natasha Williams en Wilecia Coreejes.
Die hoofleiers van Gimmies weerskante van die skoolhoof, Mnr. S Potgieter is, van links: Stean Burger, Zelna Hugo, Sharé Lund en Johann Müller.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'