OUDTSHOORN NUUS - Diean Brand, departementshoof by Eljada-Kairos Skool, is pas aangewys as die eersteplekwenner in die kategorie spesiale onderwys vir die Eden/Karoostreek.
Die streektoekennings is deel van die jaarlikse nasionale onderwystoekennings waaraan die WKOD deelneem.
Met die toekenning kwalifiseer sy nou as finalis in die Wes-Kaapse toekennings. By haar is Hennie Baartman, skoolhoof van Eljada-Kairos Skool.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'