OUDTSHOORN NUUS - Brian Daniëls, bekende atleet in plaaslike atletiekkringe, beoog met die toestemming van Rooikruis-kinderhospitaal (Kaapstad) om vanaf 26 Junie tot die 8ste Julie 'n staptog vanaf Oudtshoorn na Kaapstad (R62) te onderneem om geld vir dié hospitaal se noodeenheid in te samel.
Een van hul groot projekte is om kaartjies van R200 elk aan die publiek te verkoop wat dan in aanmerking sal kom om 'n splinternuwe Volkswagen Polo Vivo te wen.
Die trekking sal op Daniëls se verjaarsdag op 10 Julie by die Rooikruis-kinderhospitaal plaasvind.
Die kompetisie skop Vrydag 13 Maart (vandag). Belangstellendes kan Daniëls by
060 523 4786 of Bettie Wagenaar by 083 478 7460 skakel.
Daniëls dra hierdie projek op aan sy boesemvriend, Godfried Mei, wat tydens 2013 se Kango-marathon oorlede is.
Brian Daniëls by die Volkswagen Polo Vivo wat uitgeloot word teen R200 per kaartjie. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'