OUDTSHOORN NUUS - Adrian Witbooi (23), die man wat van ontsnapping uit die Oudtshoorn-hofselle aangekla word, het Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof sy plan om vir borgtog aansoek te doen laat vaar.
Witbooi het op Dinsdag 17 Desember 2019 op onverklaarbare wyse uit die hofselle ontsna, maar is enkele dae later weer aangekeer.
Hy moes die betrokke dag op aanklagte van gesinsgeweld en huisbraak in die hof verskyn.
Sy regshulpprokureur, Brian Carelse, het die hof Vrydag van sy besluit om nie vir borgtogaansoek te doen aan die hof oorgedra en landdros Theolin November het die saak vir verdere ondersoek tot 14 Februarie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'