Warning: Graphic content
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Na die wrede dood van 'n bergskilpad die afgelope naweek is die kwessie oor die beskerming van diere in die natuur weer beklemtoon.
Dr. Glen Carlisle, 'n plaaslike veearts, het die Oudtshoorn Courant die afgelope week genader na hy 'n erg mishandelde skilpad van ongeveer 50 jaar oud moes uitsit.
Volgens Carlisle was die skilpad vermoedelik met klippe gegooi.
"Die voorval is deur 'n fietsryer onder my aandag gebring na hy die skilpad langs die Vergelegen-pad gekry het.
"Die skilpad se dop was onherstelbaar beskadig en hy het ook 'n gat in sy long gehad wat ernstige lyding tot gevolg gehad het."
Hy het verder gesê dat hy alles in sy vermoë gedoen het om die skilpad te red, maar weens die skade aan sy dop en long kon hy nie.
Dr. Glen Carlisle en een van die skilpaaie wat deur 'n voertuig beseer is.
Die skilpad wat deur Dr. Glen Carlisle uitgesit moes word na hy vermoedelik met klippe gegooi is.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'