KAROO NUUS - In samewerking met die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, plaas ons weekliks 'n ongewone of interessante woord.
Het jy 'n woord wat jy graag met ons wil deel? Stuur dit gerus na hugo@groupeditors.co.za.
Besoek www.wat.co.za om 'n Afrikaanse woord te borg of te koop.
Hierdie week se woorde: Oogpoeding s.nw. (n.d. Eng. eye candy) Iemand wat besonder aantreklik is of iets wat esteties goed vertoon: Tot voor hierdie sege was D. hoofsaaklik bekend as die meisie wat al met die Spaanse speler F.V. uitgegaan het. Sy is egter self 'n baie aanvallige speler en sal S. se mantel as die “oogpoeding” met waardigheid dra (Beeld, 25 Jun. 2009, 26).
Doef-doef-musiek s.nw. Musiek met diep, luide en herhalende basklanke: Die Afrikaanse musiekmark word tans gekenmerk deur swak lirieke, goedkoop rymelary en ’n oormaat doef-doef-musiek (Beeld, 3 Jul. 2013, 10).
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'