TUINROETE | KAROO NUUS - Taalmonument (taal-mo-nu-ment) s.nw., taalmonumente.
- Struktuur opgerig om 'n taal te gedenk: Die feit dat daar so iets soos 'n taalmonument opgerig is, bewys hoeveel geesdrif vir hul taal daar onder die Afrikaners geheers het (A.J.D. de Villiers: Hollandse Taalbeweging, 1936, 154). Die oprig van ’n taalmonument in die Paarl het Afrikaanssprekendes so begeester dat sowat 40 dorpe landwyd hul eie kleiner taalmonumente opgerig het (Huisgenoot, 8 Nov. 2017, E).
- Iets wat van blywende waarde is vir ’n taal: As ’n mens in aanmerking neem hoeveel tyd deur woordeboekmaak in beslag geneem is, dan is daar rede om van hierdie werke as taalmonumente te praat (TNT, Jun. 1984, 92).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'