TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
stokkiesdraai (stok-kies-draai) ww., het stokkiesgedraai; byv. en byw. stokkiesdraaiende, stokkiesdraaiend. Ook stokkiesdraai.
In enige opsig plig versuim, maar veral om sonder verlof v.d. skool of werk weg te bly: Luidens die verslag gaan sowat 40% van klastyd verlore omdat onderwysers stokkiesdraai (Die Burger, 20 Sept. 2017, E).
’n Ma van twee hoërskooldogters … (is) vir twee maande tronk toe gestuur omdat sy niks gedoen het om haar kinders te keer toe hulle stokkiesgedraai het nie (Beeld, 24 Jun. 2002, 8).
In Spanje … is ’n stokkiesdraaiende staatsamptenaar onlangs ’n hewige boete opgelê (Huisgenoot, 17 Febr. 2016, E).
Ek het julle nie in die klaskamer gekry nie, toe weet ek julle draai stokkies (M. Breytenbach: Eiland, 2011, 72).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'