KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
paneer ww., het gepaneer; byv. -, -, gepaneerde, gepaneer(d). 'n Gereg, veral 'n vleisgereg of 'n stuk vleis, met fyngemaakte krummels, gew. broodkrummels, bestrooi voordat dit gebraai of gebak word: Onder die warm spyse was 'n geurige kerriegereg, brosgebraaide varkribbe in 'n lekker sous, gepaneerde schnitzels en salmpasta (Die Burger, 14 Jan. 2000, Joernaal, 2).
Frikkie die vis pryk aanloklik op helder pakkies snelbevrore mootjies, gepaneerde visstukke en visvingers (S.A. Visse, 1963, 2).
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'