TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Mooinooientjie s.nw. (streektaal) Selde ook mooinoientjie. Bonkige vissie, Sarpa salpa (fam. Sparidae), wat tussen 5 en 10 cm lank word, groen- of blouagtig a.d. bokant is met goud- en silwerkleurige strepe van kop tot stert, 'n klein bekkie met skerp tandjies het, veral as 'n aasvissie gebruik word en hfs. in rotsagtige kusstreke voorkom; sin. bamboesie (streektaal; minder gebruiklik), bamboesvis (streektaal; minder gebruiklik), jantjietoontjies (streektaal; minder gebruiklik), stinkvissie (streektaal; minder gebruiklik), strepie (streektaal). (Veral opgeteken langs die kus vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Oos-Londen).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’