KAROO NUUS - In samewerking met die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, plaas ons weekliks 'n ongewone of interessante woord.
Het jy 'n woord wat jy graag met ons wil deel? Stuur dit gerus na hugo@groupeditors.co.za.
Besoek www.wat.co.za om 'n Afrikaanse woord te borg of te koop.
Hierdie week se woord: panasee s.nw., panaseë. Ook soms panacea.
1. Middel wat enige gebrek, ongewenste toestand, probleem of dergelike uit die weg kan ruim of ’n oplossing daarvoor kan bied: Wanneer die volksopruier se volgelinge tot die insig kom dat die verlede as panasee vir die toekoms onhaalbaar is, ontstaan daar by hulle 'n emosionele vakuum (Beeld, 30 Mei 1990, 14).
2. Wondermiddel wat enige besering, kwaal of siekte kan genees: Die panasee van alle Afrikaanse kindersiektes, deur kleur, geur en smaak in die geheue verewig, die bloubottel met kasterolie (S.P.E. Boshoff: Beskouinge, 1936, 103).
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'